Die Bloed Spreek Nog
Selfs ná Golgota… die Bloed spreek nog! In 'n wêreld gevul met geraas, verwarring en chaos, is daar een ewige stem wat nooit sy krag verloor nie, die stem van die Bloed van Jesus. Hierdie boek onthul die misterie, majesteit en wonderwerkende krag van die Bloed wat vandag nog steeds genade, verlossing, genesing en oorwinning vir elke gelowige uitroep.
In Die Bloed Spreek Nog neem Kosie van der Merwe jou op 'n reis deur die Skrif en wys hoe die Bloed van Jesus nie net geskiedenis is nie, maar 'n lewende, sprekende werklikheid wat lewens transformeer, identiteit herstel, en die Hemel se uitspraak oor jou bestemming afdwing.
Jy sal ontdek:
🔥 Die onsigbare krag van die Bloed wat werk in die geestelike wereld.
🕊️ Die verskillende plekke waar die Bloed gevloei het en waarom
💥 Hoe om die Bloed met gesag in gebed toe te pas.
👑 Hoe die Bloed jou vrymoedigheid, vertroue en seunskap in Christus herstel.
Hierdie boek is 'n openbaringservaring wat jou geloof sal wakker maak, jou begrip van verlossing verdiep, en jou honger na herlewing aanwakker. Die Bloed wat jou gered het, spreek steeds beter dinge oor jou lewe uit, reg nou!